{"id":14572,"date":"2025-05-08T08:15:21","date_gmt":"2025-05-08T06:15:21","guid":{"rendered":"https:\/\/jaglekker.co.za\/?p=14572"},"modified":"2025-05-08T08:15:21","modified_gmt":"2025-05-08T06:15:21","slug":"swaelkrans-hunting-safari-waar-natuur-tradisie-en-jag-saamkom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/swaelkrans-hunting-safari-waar-natuur-tradisie-en-jag-saamkom\/","title":{"rendered":"Swaelkrans Hunting Safari: Waar Natuur, Tradisie en Jag Saamkom"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Aan die oewer van die Vaalrivier, waar swaeltjies hulle neste al vir generasies lank in die kranse bou, l\u00ea \u2019n jagparadys wat sy oorsprong en naam dra uit hierdie ongerepte landskap \u2013 Swaelkrans.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie unieke jagbestemming is nie net \u2019n plek nie, dis \u2019n gevoel van erfenis, avontuur en die rustigheid van die vlaktes wat elke gas opnuut betower<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><strong>Die ontstaan van Swaelkrans se naam<\/strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die storie van Swaelkrans begin letterlik tussen die rotse. \u201cSwaelkrans\u201d ontleen sy naam aan die dramatiese kranse langs die Vaalrivier, waar swaeltjies hulle neste in \u2019n groot oorhang krans maak. \u201cHierdie vo\u00ebltjies nes daar al van Oupa se dae af \u2013 en die naam is \u2019n eerbetoon aan hulle tydlose teenwoordigheid in die besonderse natuurverskynsel,\u201d &nbsp;Org van der Merwe, eienaar van Swaelkrans<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>\u2019n Passie wat Generasies Terugstrek<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat as \u2019n liefde vir jag en natuur in Oupa se dae begin het, het gegroei tot \u2019n familie-erfenis. Aanvanklik was die plaas net vir familiejag gebruik, tot in 2012 toe die deure vir die publiek oopgemaak is. \u201cOns het \u2019n manier gesoek om wildbestuur te doen, maar ook waarde vir di\u00e9 wild te kry,\u201d s\u00ea Org van der Merwe. Van \u2019n eenvoudige tentjie tot drie volledige jagkampe vandag, het Swaelkrans gegroei sonder om sy hart te verloor \u2013 alles bly steeds gefokus op die natuur, die ervaring en om dit lekker te maak vir almal wat kom jag<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans6-1024x473.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-14578\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>\u2019n Landskap soos min ander<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat maak Swaelkrans uniek? Dit begin by die grond onder jou voete. Met spruite wat tot 4 meter diep en 300 meter wyd is, en die rivier wat plek-plek 15 meter diep en 200 meter wyd is, bied Swaelkrans \u2019n ongelooflike verskeidenheid van landskappe. &nbsp;Van savannevlaktes vol kameeldoringbome tot digte bosveld en selfs oop panne \u2013 dis hierdie veelsydigheid wat dit moontlik maak om \u2019n wye reeks wildspesies aan te hou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van Rooibokke en Koedoes tot Springbokke, Blesbokke, Swartwildebeeste en selfs eksotiese spesies soos Sabels, Roan, Lechwes, Elande en Kameelperde \u2013 dit is nie ongewoon om iets besonders hier raak te loop nie!<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"474\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-1024x474.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-14574\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-1024x474.jpg 1024w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-300x139.jpg 300w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-768x355.jpg 768w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-1536x710.jpg 1536w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-2048x947.jpg 2048w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans2-600x278.jpg 600w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>\u2018n Onvergeetlike ervaring in die natuurskoon<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die mooiste oomblikke op Swaelkrans bly die sonsondergang n\u00e1 \u2019n dag in die veld. \u201cAl het jy dit al hoeveel keer gesien, dit bly spesiaal,\u201d vertel Org. Maar daar is ook die kleiner, betekenisvolle oomblikke \u2013 soos \u2019n kind wat sy eerste bok skiet, of \u2019n jagter wat leer van etiese jag en die waarde van bewaring. Die span by Swaelkrans glo daarin om vir hulle gaste en jagters nie net jagervaring te gee nie, maar ook op te voed om respek vir die natuur te kweek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"474\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-1024x474.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-14575\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-1024x474.jpg 1024w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-300x139.jpg 300w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-768x355.jpg 768w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-1536x710.jpg 1536w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-2048x947.jpg 2048w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans3-600x278.jpg 600w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Meer as net \u2018n jagervaring<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir di\u00e9 wat iets anders soek of vir die gesin wat saamkom, bied Swaelkrans baie meer as net \u2018n jagervaring. Gaste kan hulle lyne ingooi vir Karp of Baber, \u2019n sonsondergang-vlotvaart op die rivier geniet, of onder die bome piekniek hou. Die&nbsp;<strong>Sunset Lounge<\/strong>&nbsp;is geskik vir \u2019n rustige laatmiddag glasie wyn n\u00e1 \u2019n suksesvolle jagdag.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans7-1024x473.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-14579\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Eerste keer op \u2018n jag ekspedisie? Hier\u2019s jou wenk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Org se raad aan eerste keer jagters is eenvoudig maar waardevol: wees voorbereid. Moenie vir die eerste keer in vyf jaar jou geweer optel wanneer jy hier aankom nie. Gaan oefen \u2013 nie net op 100 meter nie, maar ook 200\u2013300 meter. Maak seker jy gebruik die regte ammunisie vir die plaas se terrein, en bring behoorlike toerusting. \u201cOns het al mense gehad wat met plakkies kom jag het \u2013 en dit het nie goed ge\u00ebindig nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/swaelkrans5-1024x473.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-14577\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat lok jagters na Swaelkrans?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die&nbsp;<strong>swartwildebeeste<\/strong>&nbsp;is een van die grootste trekpleisters. \u201cOns het r\u00earig besonders mooi bulle wat jy nie sommer op ander plekke kry nie,\u201d s\u00ea Org. Dan is daar ook indrukwekkende gemsbokke, blesbokke met besonderse lang horings, en \u2019n verskeidenheid wild wat maak dat elke jagter iets spesiaals vind.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/WhatsApp-Image-2025-04-30-at-20.20.54_e0ffeb07-1024x768.webp\" alt=\"\" class=\"wp-image-14568\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hoe lyk \u2019n tipiese dag op Swaelkrans?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Tipiese dag begin voor sonsopkoms \u2013 dis die beste tyd om spore te volg en wild raak te sien. N\u00e1 die jagdag wag \u2019n warm vuur, verwelkomdrankies, en aandete met plaasvars bestanddele. Met opsies vir selfversorging of volle etes, is jou ervaring so gemaklik soos jy dit wil h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"950\" height=\"950\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-14583\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2.jpeg 950w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2-300x300.jpeg 300w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2-150x150.jpeg 150w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2-768x768.jpeg 768w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2-600x600.jpeg 600w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/lodge2-100x100.jpeg 100w\" sizes=\"(max-width: 950px) 100vw, 950px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat hou die toekoms in?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Swaelkrans se visie is duidelik: om volhoubare jagervaringe aan te bied met puik kli\u00ebntediens. Nuwe ontwikkelings sluit \u2019n reeds bestaande&nbsp;<strong>tentekamp<\/strong>&nbsp;teen die rivier in, en \u2019n&nbsp;<strong>nuwe lodge<\/strong>&nbsp;met \u2019n grasdak gevoel wat 10\u201312 mense kan akkommodeer \u2013 met \u2019n stoep wat uitkyk oor die rivier. Alles gebou met die oog op rus, natuurbelewing en kwaliteit.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/WhatsApp-Image-2025-04-30-at-20.23.35_6c919854-1024x768.webp\" alt=\"\" class=\"wp-image-14570\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Swaelkrans Hunting Safari<\/strong>\u00a0is meer as net \u2019n jagplek \u2013 dit is \u2018n wegbreuk van die stad se gejaag met \u2018n natuurervaring soos min.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Vir meer inligting besoek Swaelkrans se webwerf by <a href=\"https:\/\/swaelkranshuntingsafari.co.za\/\">https:\/\/swaelkranshuntingsafari.co.za\/<\/a>&nbsp;of kontak hulle by (+27)71-430-7270.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n    <div class=\"xs_social_share_widget xs_share_url after_content \t\tmain_content  wslu-style-1 wslu-share-box-shaped wslu-fill-colored wslu-none wslu-share-horizontal wslu-theme-font-no wslu-main_content\">\n\n\t\t\n        <ul>\n\t\t\t        <\/ul>\n    <\/div> \n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aan die oewer van die Vaalrivier, waar swaeltjies hulle neste al vir generasies lank in die kranse bou, l\u00ea \u2019n jagparadys wat sy oorsprong en naam dra uit hierdie ongerepte landskap \u2013 Swaelkrans. Hierdie unieke jagbestemming is nie net \u2019n plek nie, dis \u2019n gevoel van erfenis, avontuur en die rustigheid van die vlaktes wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":14576,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"postBodyCss":"","postBodyMargin":[],"postBodyPadding":[],"postBodyBackground":{"backgroundType":"classic","gradient":""},"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[53],"class_list":["post-14572","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-jag-avontuur","tag-featured-properties"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14572\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14576"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}