{"id":15071,"date":"2025-07-22T17:31:40","date_gmt":"2025-07-22T15:31:40","guid":{"rendered":"https:\/\/jaglekker.co.za\/?p=15071"},"modified":"2025-07-22T17:31:40","modified_gmt":"2025-07-22T15:31:40","slug":"verslag-jagbedryf-verdien-groot-geld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/verslag-jagbedryf-verdien-groot-geld\/","title":{"rendered":"Verslag: Jagbedryf verdien groot geld"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Nuwe navorsing, die eerste wat na Covid-19 oor die onderwerp gedoen is, toon dat die jagbedryf aansienlik bydra tot Suid-Afrika se ekonomie.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die jagbedryf, wat plaaslike biltongjagters en buitelandse trofeejagters insluit, dra volgens prof Peet van der Merwe en dr Andrea Saayman van Noordwes Universiteit, jaarliks \u2018n tamaaie $2,5 miljard (sowat R44 miljard) tot die land se ekonomie by.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die navorsing toon aan dat elke buitelandse jagter gemiddeld $27 170 (R478&nbsp;000) per jagtog in hier bestee, terwyl biltongjagters gemiddeld $3&nbsp;594 (R63&nbsp;300) tydens die jagseisoen bestee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die jagbedryf het boonop \u2018n waardevermenigvuldigingsfaktor van 2,97, wat beteken elke dollar wat bestee word dra \u2018n verdere $1,97 tot die ekonomie by. Veral landbou, handel, verblyf en persoonlike dienste baat hierby.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Private wildbedryf<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die navorsers beslaan private wildreservate sowat 20 miljoen hektaar waarop meer as 20 miljoen wilde diere voorkom. Dit is tot vier keer meer as die wild wat in al die staat se 19 nasionale parke en 100 provinsiale natuurreservate\/parke &nbsp;voorkom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika se wildbedryf staan op vier bene, naamlik handel in lewendige diere wat koop en verkoop insluit; jag deur plaaslike en internasionale jagters; ekotoerisme wat wildlewe-ervarings of fotografie-safari\u2019s insluit, en handel in geprosesseerde wildprodukte, soos vleis, velle en horings. Jag is by verre die winsgewendste.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jagbedryf &nbsp;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Biltongjagters<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir plaaslike biltong- of vleisjagters is jag deel van die Afrikanerkultuur. Wild word gejag vir die vleis wat gewoonlik vir eie gebruik verwerk word in biltong, dro\u00ebwors of salami.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Trofeejagters<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Internasionale trofeejagters jag stel meer belang in buitengewone mooi, groot diere met groot horings of ivoor, of \u2018n treffende velpatroon wat tuis spoggerig ten toon gestel word. Hulle word gewoonlik vergesel deur \u2018n beroepsjagter, een van die talle werksgeleenthede wat die jagbedryf bied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jag is nie net \u2018n kulturele ding nie, dit is ook van groot ekonomiese en ekologiese waarde. Buiten biltongjagters, word ook vir die pot gejag of met die doel om die vleis, &nbsp;trofe\u00eb en jaggeleenthede vir finansi\u00eble gewin te bemark. Die ekologiese waarde l\u00ea daarin dat boere hulle grond en wild volhoubaar bestuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die navorsing het getoon dat die jagbedryf wat met COVID-19 \u2018n knou gekry het en verliese van tot R6,7 miljard gely het, teruggebons het en sterker staan as ooit tevore.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Bevindings<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste bevinding van die navorsing is dat jagtoerisme \u2018n aansienlik bydrae tot die SA ekonomie lewer. Jag stimuleer produksie, huishoudelike inkomste en werkverskaffing in al die verskillende sektore, maar veral in landbou en diensverskaffing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sou enigiets jag belemmer of aan bande l\u00ea, kan dit daartoe lei dat al die sektore ly; indien jagtoerisme toegelaat word om te floreer, kan die sektore net positief be\u00efnvloed.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Landelike gebiede baat<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die middel-inkomstegroep, maar veral agtergeblewe, arm landelike gemeenskappe baat die meeste by die jagbedryf en maak staat op werkgeleenthede, \u2018n bron van inkomste, wat armoede help verlig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Werkverskaffing vir ongeskoolde arbeid<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bedryf is arbeidsintensief en verskaf werk aan werkers met vaardighede en kennis, soos genoemde beroepsjagters, spoorsnyers en slagters, maar veral ook grotendeels ongeskoolde arbeid soos plaaswerkers, skoonmakers en instandhoudingspersoneel. \u2018n Afname in jag kan hierdie kwesbare segment van \u2018n werk, inkomste en heenkome beroof.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Sektore afhanklik van jag<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Landbou, handel, verblyf en persoonlike dienste is afhanklik van jag en toerisme.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Suid-Afrikaanse regering speel \u2018n belangrike rol in die beleidsontwikkeling rakende grondgebruik, bewaringswetgewing en jagregulasies. As jagtoerisme nie ondersteun word nie, kan dit uiters negatiewe gevolge vir die land se ekonomie inhou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Bevoordeel natuurbewaring<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jagtoerisme dra ook by tot bewaring van wildlewe omdat boere geld bestee en hulle wild so bestuur dat die bedryf volhoubaar en winsgewend is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die jagbedryf dra daartoe by dat boere grond wild hervestig word op plase waar voorheen met gewasse of vee geboer is. As die jagbedryf vir watter rede ook al vou en boere moet terugkeer na konvensionele boerdery sal die wildlewe en bewaring daarvan beslis daaronder ly.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Bronverwysing<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van der Merwe, P., Saayman, A. (2025)&nbsp;<em>Assessing the contributions of hunting tourism to the South African economy: a post-covid analysis. Wildlife Research 52, WR24192.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/doi.org\/10.1071\/WR24192\">https:\/\/doi.org\/10.1071\/WR24192<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/www.publish.csiro.au\/WR\/pdf\/WR24192\">https:\/\/www.publish.csiro.au\/WR\/pdf\/WR24192<\/a><\/p>\n\n    <div class=\"xs_social_share_widget xs_share_url after_content \t\tmain_content  wslu-style-1 wslu-share-box-shaped wslu-fill-colored wslu-none wslu-share-horizontal wslu-theme-font-no wslu-main_content\">\n\n\t\t\n        <ul>\n\t\t\t        <\/ul>\n    <\/div> \n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangse navorsing toon dat die Suid-Afrikaanse jagbedryf, wat biltongjagters en internasionale trofeejagters insluit, noemenswaardig bydra tot die land se ekonomie. (Bron: Pixabay)<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":15072,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"postBodyCss":"","postBodyMargin":[],"postBodyPadding":[],"postBodyBackground":{"backgroundType":"classic","gradient":""},"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[53],"class_list":["post-15071","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-jag-avontuur","tag-featured-properties"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15071","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15071"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15071\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15072"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15071"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15071"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15071"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}