{"id":15080,"date":"2025-07-30T08:15:32","date_gmt":"2025-07-30T06:15:32","guid":{"rendered":"https:\/\/jaglekker.co.za\/?p=15080"},"modified":"2025-07-30T08:15:32","modified_gmt":"2025-07-30T06:15:32","slug":"hou-jou-vuurwapen-veilig-en-wettig-wat-jy-moet-weet-oor-voertuigkluise","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/hou-jou-vuurwapen-veilig-en-wettig-wat-jy-moet-weet-oor-voertuigkluise\/","title":{"rendered":"Hou jou vuurwapen veilig en wettig: Wat jy moet weet oor voertuigkluise"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tog is baie vuurwapeneienaars onbewus daarvan dat dit wettig is om jou vuurwapen in \u2018n voertuig agter te laat indien jy \u2018n wetlike, gekeurde kluis gebruik. Hierdie gebrek aan kennis lei tot gevaarlike situasies waar wapens los in voertuie gelaat word, wat die eienaar, sy\/haar bevoegdheid en die gemeenskap in gevaar stel. Pangolin Safes sien hierdie werklikheid daagliks. Mense wat glo dat hulle \u201cnie mag\u201d hulel wapen in die bakkie los nie, en dit dan los onder \u2018n sitplek of in \u2018n paneelkissie wegsteek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kom ons kyk na wat die wet s\u00ea, wat die vereistes is, en beantwoord van die algemene wanopvattings sodat jy ingeligte, verantwoordelike besluite kan neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat s\u00ea die wet oor voertuigkluise?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Suid-Afrikaanse Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000 en die verbonde Regulasies van 2004 bepaal duidelik dat vuurwapens en ammunisie altyd veilig geberg moet word. Wanneer jou vuurwapen nie op jou persoon of onder jou direkte beheer is nie, moet dit in \u2018n voorgeskrewe kluis, sterkkamer of toestel gestoor word wat aan die nasionale standaarde voldoen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die wet erken spesifiek dat daar tye is wanneer \u2018n vuurwapeneienaar \u2018n wapen tydelik in \u2018n voertuig of karavaan moet b\u00eare. Daarom maak dit voorsiening vir Tipe\u202fB3-kluise wat ontwerp en vervaardig is om vuurwapens en ammunisie tydelik in voertuie te beveilig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ongelukkig is daar baie verkeerde opvattings.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Baie eienaars glo:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>\u201cJy mag nie jou wapen in jou bakkie los nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>\u201cVoertuigkluise is \u2018n grys area in die wet.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>\u201cAs my bakkie gesteel word, verloor ek my bevoegdheid selfs al was my wapen in \u2018n kluis.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie sienings is verkeerd. Die wet is duidelik: indien jy jou vuurwapen in \u2018n Tipe\u202fB3-voertuigkluis toesluit, wat voldoen aan die voorskrifte van SANS 953-1:2028, vasgebout aan die voertuig en die voertuig het \u2018n immobiliseerder, voldoen jy aan die wetlike vereiste vir tydelike berging.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hoe lyk \u2018n wettige voertuigkluis?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die Regulasies van 2004 en SANS\u202f953-1:2018 moet \u2018n Tipe\u202fB3-voertuigkluis aan verskeie vereistes voldoen, onder meer die volgende:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Vervaardig van kaal staal minstens 2,8\u202fmm dik.<\/li>\n\n\n\n<li>Sluit die vuurwapen heeltemal in wanneer dit toe is.<\/li>\n\n\n\n<li>Toegerus met \u2018n doeltreffende sluitmeganisme.<\/li>\n\n\n\n<li>Skarniere en sluitpenne mag nie maklik verwyder kan word nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Stewig vasgebout aan die bak of vloer van die voertuig.<\/li>\n\n\n\n<li>Ge\u00efnstalleer in \u2018n voertuig met \u2018n immobiliseerder.<\/li>\n\n\n\n<li>Voorsien van \u2018n installasiesertifikaat wat die datum, installeerder, voertuigbesonderhede en voldoening bevestig.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Anders as jou huiskluis (Tipe\u202fB1 of\u202fB2), wat deur die SAPD ge\u00efnspekteer moet word, hoef jou voertuigkluis nie deur die SAPD ge\u00efnspekteer te word nie mits dit aan die standaard voldoen en jy die sertifikaat hou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Algemene bekommernisse \u2014 en die regte antwoorde<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pangolin Safes het deur jare van gesprekke met boere, jagters en sakelui, by onder meer NAMPO, die mees algemene vrae en bekommernisse van vuurwapeneienaars ge\u00efdentifiseer:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><em>\u201cDit is onveilig om my wapen in \u2018n kluis toe te sluit terwyl ek ry.\u201d<\/em><br \/>Dit is reg. Jou selfverdedigingswapen moet op jou persoon wees wanneer jy dit nodig het. Die voertuigkluis is daar vir wanneer jy kies om die wapen in die voertuig te laat.<\/li>\n\n\n\n<li><em>\u201cWat doen ek met my wapen as ek \u2018n plek binnegaan waar vuurwapens verbode is?\u201d<\/em><br \/>\u2018n Gekeurde voertuigkluis bied \u2018n wettige en veilige oplossing by howe, konsulate, hospitale, sosiale geleenthede, strande, sportbyeenkomste, kroe\u00eb of jaglodges.<\/li>\n\n\n\n<li><em>\u201cMy bakkie kan gesteel word met my wapen daarin.\u201d<\/em><br \/>As jou wapen in \u2018n wettige kluis met \u2018n installasiesertifikaat is en jou voertuig \u2018n immobiliseerder het, het jy aan jou wetlike verpligtinge voldoen.<\/li>\n\n\n\n<li><em>\u201cIs daar regtig plek vir \u2018n kluis in my bakkie?\u201d<\/em><br \/>Pangolin ontwerp kluise spesifiek vir verskillende voertuie om die beste passing en toeganklikheid te verseker.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Ander gereelde vrae sluit in:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Is Pangolin se kluise SABS-goedgekeur?<\/li>\n\n\n\n<li>Hoe en waar word die kluis gemonteer?<\/li>\n\n\n\n<li>Kan dit twee wapens of langgewere hou?<\/li>\n\n\n\n<li>Wat gebeur as ek my bakkie verkoop?<\/li>\n\n\n\n<li>Hoekom kan ek dit nie self installeer nie?<\/li>\n\n\n\n<li>Hoe vinnig kan ek my wapen uit die kluis kry?<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie en ander vrae word deeglik verduidelik tydens die konsultasie en installasie.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"400\" height=\"448\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P_H-210D-BMW-X7-400x448-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-15083 size-full\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P_H-210D-BMW-X7-400x448-1.jpg 400w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P_H-210D-BMW-X7-400x448-1-268x300.jpg 268w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Pangolin se Tipe\u202fB3-kluise word vervaardig van ho\u00ebgraad staal met stewige sluitmeganismes. Die installasie wat deur opgeleide installeerders landswyd uitgevoer word is professioneel, diskreet en presies volgens die vereistes van SANS\u202f953-1. Nadat dit ge\u00efnstalleer is, ontvang jy \u2018n amptelike sertifikaat wat die voldoening van jou kluis en die installasie bevestig.<\/em><\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img decoding=\"async\" width=\"400\" height=\"439\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180D-Lexus-RS350-400x439-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-15084 size-full\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180D-Lexus-RS350-400x439-1.jpg 400w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180D-Lexus-RS350-400x439-1-273x300.jpg 273w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Anders as jou huiskluis, wat deur die SAPD ge\u00efnspekteer moet word, hoef jou voertuigkluis nie deur die SAPD ge\u00efnspekteer te word nie mits dit aan die standaard voldoen en jy die sertifikaat hou.<\/em><\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat beteken \u201ctydelike berging\u201d?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alhoewel die term \u201ctydelik\u201d nie uitdruklik in die Wet omskryf word nie, verwys dit na periodes wanneer jy weg is van jou geregistreerde huiskluis en nie jou vuurwapen op jou persoon kan dra nie. Voorbeelde sluit in besoeke aan verbode plekke, akkommodasie sonder \u2018n kluis, of tydens \u2018n jagtrip se oornagstop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Voertuigkluis mag egter nie jou goedgekeurde huiskluis vervang nie. Dit is nie \u2018n permanente bergingsoplossing nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Pangolin Safes: Jou vennoot in veilige vuurwapenberging<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pangolin Safes is een van die min maatskappye in Suid-Afrika wat spesialiseer in die ontwerp, vervaardiging en installasie van wettige voertuigkluise. Hulle verstaan nie net die letter van die wet nie, maar ook die praktiese uitdagings wat vuurwapeneienaars in die veld ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pangolin se Tipe\u202fB3-kluise word vervaardig van ho\u00ebgraad staal met stewige sluitmeganismes. Die installasie is professioneel, diskreet en presies volgens die vereistes van SANS\u202f953-1. Nadat dit ge\u00efnstalleer is, ontvang jy \u2018n amptelike sertifikaat wat die voldoening van jou kluis en die installasie bevestig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Deur saam met Pangolin te werk, verseker jy dat jou wapen wettig en verantwoordelik beveilig is, en jy beskerm jouself, jou bevoegdheid en jou gemeenskap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Belangrike wenke vir vuurwapeneienaars<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Moet nooit jou vuurwapen los in jou voertuig agterlaat nie. Gebruik altyd \u2018n gekeurde kluis.<\/li>\n\n\n\n<li>Maak seker jou kluis is stewig vasgebout en dat jy jou installasiesertifikaat het.<\/li>\n\n\n\n<li>Verseker dat jou voertuig \u2018n werkende immobiliseerder het.<\/li>\n\n\n\n<li>Slegs selfverdedigingswapens mag gelaai in \u2018n voertuigkluis geb\u00eare word.<\/li>\n\n\n\n<li>Hou jou kluis en slot in \u2018n goeie toestand en laat dit gereeld inspekteer.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie verwarring spruit uit die feit dat die spesifikasies en regulasies vir voertuigkluise nie vrylik beskikbaar is vir die publiek nie. Dit laat baie eienaars onseker en huiwerig om in \u2018n wettige oplossing te bel\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"400\" height=\"533\" data-id=\"15085\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180F-Hilux-Dbl-Cab-2-400x533-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-15085\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180F-Hilux-Dbl-Cab-2-400x533-1.jpg 400w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180F-Hilux-Dbl-Cab-2-400x533-1-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"400\" height=\"422\" data-id=\"15086\" src=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180F-Range-Rover-Vogue-1-400x422-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-15086\" srcset=\"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180F-Range-Rover-Vogue-1-400x422-1.jpg 400w, https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/P-H-180F-Range-Rover-Vogue-1-400x422-1-284x300.jpg 284w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Maak die regte keuse<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is elke vuurwapeneienaar se plig om aan die wet te voldoen en te voorkom dat vuurwapens in die verkeerde hande beland. \u2018n Pangolin-voertuigkluis is nie net \u2018n belegging in jou eie veiligheid en gemoedsrus nie, dit is ook \u2018n bydrae tot die veiligheid van jou gemeenskap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kontak Pangolin vandag<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting oor Pangolin se wettige voertuigkluise, of om joune te laat ontwerp, vervaardig en installeer, besoek&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.pangolinsafes.co.za\/\"><strong>www.pangolinsafes.co.za<\/strong><\/a>&nbsp;of volg hulle op sosiale media. Wees verantwoordelik, bly wettig en hou jou vuurwapen altyd veilig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n    <div class=\"xs_social_share_widget xs_share_url after_content \t\tmain_content  wslu-style-1 wslu-share-box-shaped wslu-fill-colored wslu-none wslu-share-horizontal wslu-theme-font-no wslu-main_content\">\n\n\t\t\n        <ul>\n\t\t\t        <\/ul>\n    <\/div> \n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangse navorsing toon dat die Suid-Afrikaanse jagbedryf, wat biltongjagters en internasionale trofeejagters insluit, noemenswaardig bydra tot die land se ekonomie. (Bron: Pixabay)<\/p>\n","protected":false},"author":12,"featured_media":15081,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"postBodyCss":"","postBodyMargin":[],"postBodyPadding":[],"postBodyBackground":{"backgroundType":"classic","gradient":""},"footnotes":""},"categories":[65,54,52,58],"tags":[66,70,71,74,75,76,77,72],"class_list":["post-15080","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gun-safes-cabinets","category-jag-avontuur","category-jagwapens-toebehore","category-vehicles","tag-jagveiligheid","tag-sans-953-12028","tag-suid-afrikaanse-wette","tag-tipe-b3-kluis","tag-voertuig-sekuriteit","tag-voertuigkluis","tag-vuurwapen-berging","tag-vuurwapen-veiligheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15080","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/users\/12"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15080"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15080\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15081"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15080"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15080"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15080"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}