{"id":8112,"date":"2024-07-16T12:48:19","date_gmt":"2024-07-16T10:48:19","guid":{"rendered":"https:\/\/jaglekker.co.za\/?p=8112"},"modified":"2024-07-16T12:48:19","modified_gmt":"2024-07-16T10:48:19","slug":"test-post-four","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/test-post-four\/","title":{"rendered":"Jagter Tarina van Zyl se hart l\u00ea in die bosveld"},"content":{"rendered":"<p>Tarina is \u2019n produkbestuurder in die IT-bedryf en bly al haar lewe lank in die Jakarandastad, Pretoria. Sy het twee pragtige kinders en \u2019n liefdevolle man wat haar plat op die aarde hou en die spore wat sy trap ondersteun.<\/p>\n<p><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/proagri.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/tarina_2.jpeg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"720\" aria-describedby=\"caption-attachment-119810\" \/><\/p>\n<p id=\"caption-attachment-119810\">Takbok \u2013 Ficksburg naby die Lesotho grens in die Vrystaat.<\/p>\n<p>Op die ouderdom van dertig, het Tarina besluit om vir die eerste keer \u2019n geweer op te tel en te jag. Sy vertel: \u201cDit was iets waarvoor my man \u2019n groot liefde het en ek het gedink om dit te probeer. As ek daarvan hou is dit iets wat ons saam kan doen.\u201d \u2019n Rooibokooi was die resultaat van hierdie besluit. \u201cMet my eerste bok was ek met bloed gesmeer, maar my man het my darem nie die lewer laat eet nie. Intussen het ek al die moed bymekaar geskraap om wel die lewer te eet.\u201d<\/p>\n<p>Tarina noem: \u201cJag is my groot passie en tydverdryf wat ek saam my man en kinders doen. My dogter van 12 het al self nege bokke van agt verskillende spesies gejag. Dit is vir my so lekker en \u2019n groot eer om hulle deel van die jagervaring te maak. Ons leer vir hulle die waardes wat \u2019n mens moet h\u00ea om jag eerbiedig te doen. Ek skiet ook vir liefdadigheid, waar ons vleis skenk aan kinderhuise. Ons as gesin is ook mal oor wildsvleis, en kook graag \u0144 lekker wildsboud waar mense hul vingers af eet!\u201d. As jag nie op die lys is vir die dag nie, verken die gesin die bosveld deur rond te ry, teikenkompetisies met \u2019n windbuks te hou en lekker stories langs die bosveldvuur te vertel met \u2019n malvalekker of twee vir die kinders. \u201cWat vir my belangrik is, is om tyd vir mekaar te maak. In vandag se gejaagde lewe moet mens stil staan en tyd maak vir mekaar. Die bosveld lok my ook om as gesin kwaliteit tyd saam te spandeer,\u201d s\u00ea Tarina.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/proagri.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/van-Zyl-Jag-1024x768.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"768\" aria-describedby=\"caption-attachment-119804\" \/><\/p>\n<p id=\"caption-attachment-119804\">Tarina se dogter Mieke, is trots op haar kolskoot. Aan beide kante van Tarina is haar seun Andru en haar man Andr\u00e9.<\/p>\n<p><strong>\u2019n Ware liefhebber van jag<\/strong><\/p>\n<p>\u201cEk geniet dit om as jagter deel van en in die natuur te wees. Om die bok te vind en om die regte skootplasing te kry is propvol adrenalien. As ek my bok geskiet het, het ek altyd eers \u2019n minuut se stilte uit dankbaarheid vir die geleentheid.\u201d Sover jag Tarina twee tot drie keer per jaar en het al in Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat, Noord-Kaap, Limpopo en ook in Namibi\u00eb die bos binnegegaan.<\/p>\n<p>Tarina se hoogtepunt van jag was die dag wat sy haar Rowland Ward Barbary skaap in die Noord-Kaap berge gaan najaag het. \u201cDie terrein self was baie moeilik \u2013 swartklip waarop jou skoene net gly, Swarthaakdoringbome wat jou stukkend sny deur jou klere. Dit was in die somer, so dit was warm en jy drink sommer water uit strome wat jy verbygaan. Ek het toe wel die geleentheid gekry om een te skiet n\u00e1 baie bloed en sweet. Toe begin die volgende bietjie pret: om die Barbary uit daardie berge te kry. Dit self het meer as \u2019n uur gevat. Die beloning was so groot. Ek het \u2019n trofee geskiet wat al die sweet die moeite werd gemaak het.\u201d Die Rowland Ward kriteria vir \u2019n Barbary is 26-duim, waarvan die Barbary wat Tarina geskiet het 32-duim was \u2013 \u2019n merkwaardige trofee.<\/p>\n<p>\u2019n Droom van Tarina is om eendag \u2019n buffel te skiet. Die gevaarlike wildsaspek van hierdie Groot Vyf dier lok die jagter, omdat die ervaring uniek is.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/proagri.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/230deab4-73ad-46cc-ad48-dc8969ef064b-1024x768.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"768\" aria-describedby=\"caption-attachment-119805\" \/><\/p>\n<p id=\"caption-attachment-119805\">Scimitar \u2013 Barkly-Wes, Noord-Kaap.<\/p>\n<p><strong>Vrouens mag ook jag<\/strong><\/p>\n<p>Tarina deel graag haar insette vir vrouens wat wil probeer jag, maar dalk huiwerig is. \u201cAs jy voel jy stel daarin belang, neem die eerste stap en boek \u2019n jaguitstappie saam met iemand wat die ervaring vir jou sal lekker maak.\u00a0<a href=\"https:\/\/www.pronkjag.com\/\">Pronk Hunting Safaris<\/a>\u00a0se wonderlike span kan ek verseker voorstel om die ervaring vir jou baie aangenaam te maak. Jy kan ook die vuurwapen by hulle huur, sou jy nie een tot jou beskikking het nie.<\/p>\n<p>Die hele span is net aangename mense met baie goeie kennis van eksotiese en gewone wild. Jy kan jou jaguitstappie saam hulle beplan, en etes en verblyf word gewoonlik saam met jou pakket uitgewerk.\u201d \u2019n Alomvattende geleentheid wat al jou behoeftes dek en die bekommernis van die onbekende uitwis. Tarina s\u00ea verder: \u201cDie boservaring is net fantasties. Dit bring kalmte en vrede oor jou in die gejaagde lewe van ons. Jy kan net afskakel en een word met die natuur.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/proagri.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/IMG_8067-1024x768.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"768\" aria-describedby=\"caption-attachment-119806\" \/><\/p>\n<p id=\"caption-attachment-119806\">Swartwitpens \u2013 Barkly-Wes, Noord-Kaap.<\/p>\n<p>Met alles wat hierdie lewe kan bied, sal jy verseker vir Tarina in die bosveld vind. Haar hart klop khaki en sy verkies \u2019n lekker koffie by die kampvuur bo \u2019n ketel in die stad.<\/p>\n\n    <div class=\"xs_social_share_widget xs_share_url after_content \t\tmain_content  wslu-style-1 wslu-share-box-shaped wslu-fill-colored wslu-none wslu-share-horizontal wslu-theme-font-no wslu-main_content\">\n\n\t\t\n        <ul>\n\t\t\t        <\/ul>\n    <\/div> \n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die bosveld waar die doringbome skuiling bied en die geelbekneushoring vo\u00ebls sing, is presies waar wildjagter en Roland Ward-trofeehouer Tarina haarself wil vind, met haar pragtige familie aan haar sy.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":10535,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"postBodyCss":"","postBodyMargin":[],"postBodyPadding":[],"postBodyBackground":{"backgroundType":"classic","gradient":""},"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[53],"class_list":["post-8112","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-jag-avontuur","tag-featured-properties"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8112","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8112"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8112\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media\/10535"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8112"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8112"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jaglekker.co.za\/shop\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8112"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}