Net buite Vaalwater in Limpopo lê daar ’n unieke bestemming waar plaaslewe en bosveldavontuur hande vat. Berchtesgaden Wildsplaas en Leefstylplaas is veel meer as net ’n jagbestemming. Dit is ’n werkende plaas waar besoekers die kans kry om te leef, te leer en te ontspan in die hart van die Waterberg. Hierdie juweel in die Limpopo-provinsie is bekend vir sy kombinasie van wildsafari’s, jaggeleenthede en egte plaaservarings, wat dit die ideale wegbreekplek maak vir gesinne, oorsese toeriste en almal wat ’n breek uit die stad nodig het.
Wildsplaas en jag van wêreldgehalte
Berchtesgaden beskik oor ’n verskeidenheid wildspesies wat in die Waterberg se natuurlike veld floreer. Besoekers kan aan wildritte deelneem en van naby die diere in hul natuurlike habitat beleef. Dit is ’n ervaring wat nie net vir oorsese gaste ’n hoogtepunt is nie, maar ook vir plaaslike besoekers wat hul liefde vir die veld wil voed.
Vir die jagter bied Berchtesgaden goed georganiseerde jagtogte, met professionele gidse wat seker maak dat die ervaring veilig, eties en volhoubaar is. Daar is opsies vir biltongjag en trofeejag. Die fokus is om ’n jagervaring te bied wat respek toon vir die natuur en ’n mens se waardering vir die veld verdiep.

Die leefstylplaas: Plaaswerk met ’n glimlag
Wat Berchtesgaden werklik uniek maak, is sy leefstylplaas waar gaste die geleentheid kry om aktief deel te neem aan die plaas se daaglikse take. In plaas van net toeskouers te wees, kan besoekers self hulle hande vuil maak met daaglikse boerdery take.
Melk die koeie soggens of saans en leer eerstehands hoe hierdie daaglikse taak plaasvind. Gaan haal die dag se vars eiers in die hoenderhok – ’n aktiwiteit wat vir kinders altyd ’n hoogtepunt is. Help om die hoenders, skape, donkies en ander plaasdiere te voer, en leer meer oor hul sorg. Pluk groente en vrugte reg uit die tuin en ervaar hoe dit voel om jou eie kos te oes. Gaste het ook die geleentheid om wors te maak in die plaas se slaggeriewe. Op versoek kan gaste hul eie resepte kies en die hele proses beleef van karkas tot wors.
Hierdie praktiese aktiwiteite bring ’n mens nader aan die grond en skep ’n gevoel van betrokkenheid wat baie besoekers as terapeuties en verrykend beskryf. Waar anders gaan oupa en ouma die kans kry om vir die kleinkinders te wys hoe die lewe op die plaas was waar hulle groot geword het? Ons vleis, melk, groente en vrugte kom volgens kinders mos van die winkel af. Kom leer hulle die waarheid van plaaslewe in ‘n gerieflike plaashuis.
Verblyf wat pas by elke besoeker
Berchtesgaden bied ’n verskeidenheid verblyfopsies om by elke gas se styl te pas. Die lodge is gerieflik ingerig en ideaal vir gesinne of paartjies wat na ’n rustige wegbreek soek. Daar is ook boskampe en luukse safari-tente beskikbaar vir dié wat ’n bietjie meer avontuur verkies.
Die natuurskoon van die Waterberg sorg vir ’n atmosfeer van stilte en kalmte, wanneer die dag tot ‘n einde kom en die nag begin breek. Wanneer die geraas van die dag stil word en net voor die nag se geluide hulle verskyning maak. Dit is dan wanneer die bosveld son gesak het, waanneer gaste rondom die vuur kan sit, sterrekyk en die geluide van die veld ervaar. Die plaas kombineer moderne gerief met die rustigheid van die natuur, en skep ’n ruimte waar ’n mens kan herlaai.


Voedsaam en plaasvars
Die koservaring op Berchtesgaden sluit natuurlik plaasvars produkte in. Eiers, melk, groente en vrugte word dikwels op die plaas geoes en op gaste se borde bedien. Hier bedien hulle disse wat jou sal laat terug verlang na Sondae middae saam met jou ouma op die plaas. Besoekers kan uitsien na kos soos wat dit net op die plaas gemaak kan word, lewerkoekies, soet- en suurniertjies en pap en kaaings om maar ‘n paar te noem. Kom geniet vars eiers vir ontbyt of aandete rondom die vuur.
’n Ervaring vir almal
Berchtesgaden is geskik vir gesinne wat kinders aan plaaslewe wil blootstel. Internasionale toeriste wat ’n egte Suid-Afrikaanse ervaring wil hê – wildbesigtiging, jag én plaasaktiwiteite. Slegs ‘n klipgooi van Berchtesgaden is die Welgevonden Natuurreservaat waar gaste ‘n wildrit kan vat en die groot vyf onder oë kry. Of jy nou ‘n paartjie is opsoek na ‘n romantiese wegbreek met ’n tikkie avontuur, of ‘n groep of besigheidspan wat opsoek is na ‘n natuurskone bosberaad of wildernis spanbou, Berchtesgaden kan daaraan voorsien.
Volhoubaarheid en bewaring
Die bestuur van Berchtesgaden neem volhoubare praktyke ernstig op, nie net omdat hulle deel is van die UNESCO biosweer area nie maar omdat die volhoubaarheid van fauna en flora Berchtesgaden baie na aan die hart lê. Wild- en weidingbestuur word noukeurig beplan om te verseker dat die omgewing gesond bly en die biodiversiteit beskerm word. Hierdie benadering verseker dat toekomstige geslagte steeds hierdie unieke plaas- en wildsafari-ervaring sal kan beleef.
’n Bosveldwegbreek soos min
Berchtesgaden bied ’n kombinasie van ontspanning, avontuur en opvoeding wat min ander bestemmings kan ewenaar. Vir sommige besoekers is dit die opwinding van die jagtog wat hulle terugbring; vir ander is dit die vreugde om ’n koei te melk of vars groente te oes. Maar almal vertrek met dieselfde ervaring – die gevoel dat hulle ’n rukkie nader aan die natuur en die plaaslewe geleef het.
Vir jou volgende bosveldwegbreek of gesinsuitstappie, maak ’n draai by Berchtesgaden buite Vaalwater. Jy sal met nuwe herinneringe, vars lug in jou longe en dalk selfs ’n paar plaasgeheime in jou sak huis toe gaan. Vir meer inligting of om te bespreek, besoek www.berchtesgaden.co.za stuur ‘n e-pos na info@berchtesgaden.co.za of stuur ‘n Whatsapp na (+27)83 250 7989.



