Search

Related

Betroubare, gehaltejagtoerusting met die druk van ’n knoppie by KarooOutdoor.com

Vir elke jagter beteken die regte toerusting die verskil tussen ’n gewone jag en ’n onvergeetlike ervaring. Kry die perfekte Kersgeskenk vir jou geliefde by KarooOutdoor, wat sy of haar jagervaring in 2026 selfs beter sal maak as ooit tevore. Dis ’n eenvoudige transaksie, want alles is aanlyn beskikbaar – en met die druk van ’n  knoppie kan jy alles kry wat jou hart begeer én dit word op jou voorstoep afgelewer.

Kersgeskenke

Die perfekte Kersgeskenk vir enige jagter!

KarooOutdoor het van die bekendste handelsmerke beskikbaar, soos onder meer Swarovski, Rudolph Optics, Sig Sauer en Vortex. Van geweerteleskope, verkykers, afstandmeters, knaldempers, driepootstaanders, flitse, patrone, messe, oog- en oorbeskerming, kameras vir die veld sowel as nagsigtoerusting – waarvan die termiese benodigdhede baie goed verkoop.

Koop Hier

Dit gaan deesdae nie meer net oor ’n jagter se geweer nie, maar ook die toebehore waarmee dit toegerus is. ’n Gehalte-teleskoop, byvoorbeeld, gee jou die voordeel van helder sig op lang afstande, selfs in swak ligtoestande. Dit beteken jy kan jou teiken vinniger identifiseer en met groter akkuraatheid skiet. ’n Afstandmeter gee jagters weer betroubare data wat hulle help om wind, afstand en hoogte korrek te skat.

“In die algemeen het ons jagteleskope baie goed verkoop, maar ook die knaldempers. Deesdae is dit verpligtend op die meeste jagplase om met ’n knaldemper te jag. Dit help ook om ’n  goeie verkyker en afstandmeter te hê. Sommige jagters verkies ’n  kombinasie van die twee, soos ’n Bino Rangefinder,” sê Lezanda du Plessis, uitvoerende hoof van KarooOutdoor.

Waar KarooOutdoor begin het

Toe Etienne du Plessis van KarooOutdoor agt jaar gelede nie op die internet ’n teleskoop vir sy jaggeweer kon kry nie, het hy die geleentheid aangegryp om ’n aanlyn platform te skep wat jagtoerusting verkoop.

“Ek het ’n paar verskaffers genader oor die konsep,” sê Lezanda, Etienne se vrou. “ ’n Paar van hulle was huiwerig maar het nietemin ingestem. Tans is KarooOutdoor die grootste handelaar in die land van sommige van ons verskaffers. Ons is die vinnigste groeiende aanlyn jagbesigheid in Suid-Afrika.”

Etienne is skielik aan die begin van 2024 oorlede en Lezanda moes alleen aangaan met die besigheid sodat sy nalatenskap kan voortleef.

’n  Gelukkige kliënt koop meer as een item

Lezanda sorg dat sy en haar span so gou moontlik op navrae reageer omdat kliëntediens uiters belangrik is in aanlyn verkope.

“Kliënte wil nie sukkel om iets aanlyn te koop nie anders los hulle dit sommer – en aangesien ons nie ‘n fisieke winkel het nie is dit baie belangrik om uitstekende diens vir aanlyn kopers te lewer,” sê sy.

Maak jou jagervaring nog lekkerder met die regte toerusting. Bestel maklik aanlyn by www.karoooutdoor.com. Die aanlyn winkel bied verskeie betaalopsies aan kopers.

Kontak Lezanda by 063-265-0742 of info@karoooutdoor.co.za vir meer inligting.

Verbind met KarooOutdoor

Share the Post:

Search

Related