Search

Related

Hoë tegnologie en betroubare diens: Jagters tref die kol met Boendoes Hunting & Outdoor

Sedert 2019 voorsien Boendoes Hunting and Outdoor van die Kaap af topgehalte vuurwapentoerusting aan jagters, sekerheidsmaatskappye en toegewyde wapengeesdriftiges regoor Suid-Afrika. Wat begin het as ’n passieprojek van eienaar Jaco Marx, het vinnig gegroei tot ’n gevestigde handelsmerk wat bekend is vir sy klantediens, uitstekende naverkope-ondersteuning en toegang tot van die wêreld se mees gevorderde optiese en termiese tegnologie.

Of jy nou jou roer wil toerus met ’n presiese teleskoop vir langafstandskote, of jou jagervaring tot ’n nuwe vlak wil lig met ‘n hoëresolusie-termiese beeldtoestel, Boendoes het die regte produk vir jou, en dit word binne 2 tot 3 werksdae landwyd afgelewer.

Die hartklop van nagjag: PARD Panthera teen ’n spesiale prys

Een van die blink stene in Boendoes se produkreeks is die PARD Panthera termiese teleskoop. Hierdie toestel, beskikbaar in sowel 480×360 as 640×512 sensorweergawes, is ontwerp vir die jagter wat geen toegewing maak op werkverrigting of helderheid nie.

Spesiale aanbod

Die PARD Panthera is tans beskikbaar teen R53 500 – ’n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Boonop is hierdie toestel liggewig, met ‘n intuïtiewe gebruikerskoppelvlak, en dit monteer maklik op die meeste wapens. Dit maak dit ’n uiters gewilde keuse onder nagjagters en professionele wildbeheeroperateurs.

Klassieke styl, moderne krag: Pulsar Thermion

Die Pulsar Thermion-reeks is vir die jagter wat van tradisie hou, maar nie tegnologie wil afskeep nie. Hierdie teleskope kombineer ’n klassieke 30 mm buisontwerp met gevorderde termiese beeldtegnologie. Wat jagters werklik waardeer, is die robuuste bougehalte. Die aluminium en IPX7-waterdigte gradering beteken dat jy in reën of dou nie hoef te vrees vir jou toerusting nie. Die Thermion is die perfekte keuse vir boere wat snags roofdiere wil opspoor, of vir jagters wat in moeilike omgewings werk.

Presisie as standaard: Arken- en Vector-teleskope

As dit by langafstandskote kom, is duidelikheid en volhoubaarheid nie onderhandelbaar nie. Daarom is Boendoes trots om die Arken Optics- en Vector Optics-reekse aan te bied.

Die Arken EP-5 5-25×56 FFP is ’n puik voorbeeld van Japanse optiese ingenieursvernuf. Met ED-glas vir uitstaande helderheid, ’n VPR-kruisdraad in die eerste fokale vlak, en ’n Zero Stop-toring vir vinnige terugstelling, is hierdie teleskoop gebou vir die ernstige skut.

Die Vector Continental x6 6-36×56 FFP bied indrukwekkende veelsydigheid met sy 34 mm buis, veelvuldige kruisdraadopsies en robuuste, misbestande ontwerp. Dit is ’n gewilde keuse onder sportskuts, professionele skuts, en jagters wat presisie bo alles stel.

Vinnige aflewering, persoonlike diens

Boendoes is trots daarop om nie net produkte van gehalte te verkoop nie, maar ook op ’n dienservaring wat klante terugbring vir meer. Met aflewering binne 2 tot 3 werksdae regoor Suid-Afrika, weet klante hulle kan op Boendoes staatmaak ongeag of jy nou in die Laeveld of die Noord-Kaap sit.

Wat Boendoes egter werklik onderskei, is Jaco se benadering tot klantesorg. Hy is self beskikbaar vir advies, navrae en ondersteuning, of dit nou oor montering, produkkeuse of tegniese besonderhede gaan. Dit is hierdie tipe diens wat klante laat terugkeer.

“Ek wil hê my klante moet voel hulle kry nie net die beste toerusting nie, maar ook iemand wat regtig omgee dat dit vir hulle werk,” sê Jaco. “Dis hoekom ek altyd self beskikbaar is.”

Kontak Boendoes Hunting and Outdoor en skiet in die kol!

Laat die nag nie jou vyand wees nie. Sien meer, tref beter, en jag slimmer met Boendoes aan jou sy. As jy op soek is na betroubare, hoëgehalte toerusting vir jou jag-, taktiese of sekerheidsbehoeftes, is Boendoes Hunting and Outdoor die naam om te onthou. Met produkte soos die PARD Panthera en ’n sterk fokus op diens, is jy in bekwame hande. Besoek die webwerf by www.valkyrietactical.co.za, stuur ‘n e-pos aan jaco@boendoes.co.za of skakel Jaco Marx direk by (+27)0-61-151-0373.

Foto: Jaco Marx bedien sy klante self om seker te maak dat elkeen die beste diens van sy maatskappy ontvang. Jaco glo dit is die persoonlike verhoudings wat hy met sy klante kweek, saam met hoëgehalte produkte en mededingende pryse wat die resep vir sukses in sy onderneming is.

Share the Post:

Search

Related