Die jagseisoen kruip al nader en jagliefhebbers of boere wat vêr van winkels af bly kan solank aanlyn hulle jagtoebehore by KarooOutdoor gaan koop. Indien jy al lankal ‘n afstandmeter soek of ‘n beter teleskoop vir jou geweer wil hê, hulle het iets van alles.
Toe Etienne du Plessis van KarooOutdoor agt jaar gelede nie op die internet ‘n teleskoop vir sy jaggeweer kon kry nie, het hy die geleentheid aangegryp om ‘n aanlynplatform te skep wat jagtoerusting verkoop.
“Ek het ‘n paar verskaffers genader oor die konsep. ‘n Paar van hulle was huiwerig maar het nietemin ingestem. Tans is KarooOutdoor die grootste handelaar in die land van sommige van ons verskaffers. Ons is die vinnigste groeiende aanlyn jagbesigheid in Suid-Afrika,” sê Lezanda du Plessis, Etienne se vrou, van KarooOutdoor.
Etienne is skielik aan die begin van 2024 oorlede en Lezanda moes alleen aangaan met die besigheid sodat sy nalatenskap kan voortgaan.
Kliëntediens en spoed is vir Lezanda van uiterste belang wanneer dit by aanlyn aankope kom. “Kliënte wil nie sukkel om iets aanlyn te koop nie anders los hulle dit sommer en aangesien ons nie ‘n fisiese winkel het nie is dit baie belangrik om uitstekende diens vir aanlynkopers te lewer,” sê Lezanda.
“Ons probeer ook so gou moontlik reageer op navrae, veral op sosiale media, en tegniese advies te verskaf.”
Maak nie saak waar jy in die platteland bly nie KarooOutdoor gebruik ‘n welbekende betroubare koerierdiens en ons stuur bestellings regoor die land so spoedig moontlik. Hulle het verskillende afsetpunte regoor die land van waar hulle hul produkte uitstuur.
Hulle het die mees bekendende handelsmerke aanlyn beskikbaar van geweerteleskope, vêrkykers, afstandmeters, knaldempers en nagsigtoerusting waaronder die termiese of thermals baie goed verkoop.
“Baie boere en mense in die stede koop die thermal produkte vir veiligheid en beskerming. En dan natuurlik is ons gefokus op die jagters om vir hulle die beste gehalte produkte te kan verskaf,” voeg Lezanda by.
Lezanda noem dat hulle oorspronklik van die Karoo is, vandaar die naam van die besigheid, maar tans in Bredasdorp woon en die besigheid van daar af regoor die land bestuur.
Indien jy dalk ‘n nuwe teleskoop wil hê of enige ander toebehore vir jou geweer, kontak Lezanda by 063-265-0742, info@karoooutdoor.co.za of besoek hulle webwerf vir jou aanlyn aankope: www.karoooutdoor.com




