Die maatskappy is in Bloemfontein geleë, maar help wildboere regoor die land. Indien jy diere wil pyl of met ‘n vangnet uit ‘n helikopter wil vang; hulle doen dit alles. Helicon se vriendelike, professionele en etiese vangmetodes is net wat die moderne wildboer nodig het.
Hoekom moet jy Helicon kies?
- Hulle neem beheer van al die bemarking, die nodige natuurbewaringsdokumentasie en permitte om diere te vang en te vervoer wanneer hulle jou diere verkoop of nuwes aankoop.
- Hulle is al vir meer as veertig jaar geesdriftig betrokke in die wildbedryf en het al verskeie natuur-, wild- en natuurbewaringsorganisasies bygestaan.
- Om diere suksesvol te vang, moet jy faktore wat stremming op die diere plaas so veel as moontlik uitskakel en Helicon werk mooi met jou diere.

Helicon se hoogtepunte
- Die meeste wild wat hulle al in een maand gevang het was 2 951 diere.
- Hulle kry uitstekende terugvoer van hulle klAnte.
- Sommige klante is al vir meer as veertig jaar lojaal teenoor hulle.
- Hulle handel betalings spoedig af.
- Hulle het veertig jaar ervaring in die wildbedryf.
- Die Helicon-span bestaan uit meer as veertig lede, waarvan meeste deel is van die wildvangspan. Die span is verantwoordelik vir die veiligheid en welstand van jou diere.

Helicon se vangmetodes
Helicon gebruik verskeie metodes vir wildvang.
Hulle gebruik die boma-metode om ‘n groot groep diere in ‘n kleiner ruimte vas te keer en dan in vragmotors te laai om vervoer te word.
Helikopter word ingespan om die diere bymekaar te kry. Seile wat na die vanggebied lei word opgerig. Die seile word gekamoefleer en kan oop- of toegemaak word.
Die vanggebied word gebruik om die diere kans te gee om te rus en af te koel. Sodra die diere kalm is, word hulle op die trokke gelaai.
Die trokke het drie tot agt kompartemente. Helicon se kleinste trok kan 60 springbokke vervoer, terwyl hulle grootste trok 140 kan vervoer. Wanneer dit by groot wild soos wildebeeste kom, kan hulle klein trok 24 wildebeeste vervoer en hulle groot trok kan 60 wildebeeste vervoer.
Hierdie vangmetode veroorsaak minimale versteuring en beperk die fisiese hantering van die diere om minder stremming te veroorsaak. Dit laat ook toe dat ‘n groot verskeidenheid wild op een slag gevang kan word.
Die vangnetmetode is ‘n baie gespesialiseerde metode en die Helicon-span werk noukeurig saam om hierdie metode reg te doen.
Nuwe regulasies van die Veeartsenykunde Vereniging beperk die verkoop en gebruik van skedulemedisyne wanneer diere gepyl word. Dit het veroorsaak dat wildboere en wildvangmaatskappye na ander metodes moes draai om wild te vang en te vervoer. Daarom het vangnette meer gewild geword en met die regte kennis en moderne toerusting kan hierdie metode veilig beoefen word. Dit is in elk geval nie prakties of kostedoeltreffend om groot getalle diere met verdowingspyle te skiet nie.
Die vangnetmetode is veral doeltreffend in gebiede waar verdowingspyle nie gebruik kan word of bomas gebou kan word nie.

In sommige gevalle is dit meer kostedoeltreffend en bespaar dit tyd om van vangnette gebruik te maak.
Indien jy gebruik wil maak van Helicon se dienste kan jy hulle webtuiste besoek by www.helicon.co.za.



