Search

Related

Wees veilig en paraat met Magnum Safes

.

Een van jou waardevolste besittings is waarskynlik jou vuurwapen – nie net omdat dit jou lewe kan beskerm nie, maar ook omdat dit ’n belangrike deel van jou stokperdjie of jagtradisie vorm. Of jy nou jag as passie beoefen of vir jou gesin se vleis voorsien, jou wapen verdien veilige bewaring.

Dit is van uiterste belang om te verseker dat vuurwapens nie in die verkeerde hande beland nie – daarom is ’n betroubare wapenkluis soos dié van Magnum Safes ’n noodsaaklikheid in elke verantwoordelike eienaar se huis of jagkamp.

Magnum Safes bied ’n verskeidenheid kluise wat voorsiening maak vir elke vuurwapenliefhebber se behoefte – van handwapens tot jag- en haelgewere. Hulle reeks sluit kluise in van verskillende groottes, spesifiek ontwerp vir individue, handelaars of instansies wat een of meerdere wapens veilig wil berg. Magnum Safes vervaardig ook pasgemaakte kluise om aan unieke vereistes te voldoen. Elke kluis is van hoë gehalte, voldoen aan toepaslike wetgewing, is diefstalbestand en word gemerk met ’n unieke reeksnommer vir identifikasie en registrasie.

Elke Magnum-kluis is toegerus met ’n swaardiens sewe-hefboom tuimelslotstelsel en word saam met twee sleutels voorsien. Hierdie robuuste sluitmeganisme verseker dat die inhoud van die kluis veilig en ontoeganklik bly vir enige ongemagtigde persone.

Magnum Kluise voldoen aan die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) se streng vereistes. Die wande van die kluis is 3 mm dik en die deur 6 mm.

Kluise word voorsien van gate in die vloer en agterste paneel sodat die kluis op die vloer en teen ‘n muur van ‘n onderneming of in ‘n woning vasgebout kan word.

Hoekom ‘n Magnum kluis?

  • Stewig gebou

Goeie, harde konstruksie wat maak dat jou kluis vir ewig sal hou.

  • Wye verskeidenheid

Hulle het kluise van groot na klein, van 1 tot 16 wapens en wat verskeie tipes wapens vat.

  • Gehalte teen ‘n bekostigbare prys

Hoëgehalte kluise teen onverbeterlike pryse, wat uitstekende sekuriteit vir jou waardevolle besittings bied.

Watter kluis kort jy?

Jaggeweerkluise

MAGNUM MB3 – Ses-wapen jaggeweer kluis vir die jagters

Die kluis kan gemaklik ses jaggewere hanteer en het vier rakke aan die binnekant vir handwapens, patrone ens.

Kenmerke:

  • Kan ses jaggewere vat
  • Kan ook ammunisie en handwapens vat
  • Drie rakke aan die deur van die kluis
  • Een rak aan bokant
  • 6 mm deur
  • Gewig: 91 kg

MAGNUM MB3

Ses-wapen jaggeweer kluis vir die jagters

MAGNUM MPG DD

16-wapen skuifmeganisme

MAGNUM MPG DD – 16-wapen skuifmeganisme

Besit jy baie wapens en het nie plek om almal te bêre nie? Dan is hierdie dubbeldeur kluis wat 16 gewere kan dra op ‘n skuifrak perfek. Hy maak maklik oop en het ses rakke vir die handwapens, oormowwe, skoonmaaktoerusting ens. Daar is ook ‘n ekstra boonste kompartement om alles netjies bymekaar te hou.

Kenmerke:

  • Kan 16 wapens hanteer
  • Ses hangrakke
  • Boonste kompartement
  • Gewig: 306 kg

Handwapenkluise

MAGNUM MP3 Handwapen

‘n Klein kompakte kluis wat maklik in jou kas kan inpas en weggesteek kan word om jou handwapen of juwele veilig te stoor. Die kluis kan maklik vier handwapens vat.

Kenmerke:

  • Ammunisie en handwapenkluis
  • Gewig: 39,5 kg

Kontant-kluise /Truck-kluis

Indien jy ‘n kruidenierswinkel het en geld veilig moet stoor is hierdie die kluis vir jou.

Kenmerke:

  • Gewig: 8 kg

Magnum CAT2 ADM Kluis

‘n Klein kompakte kluis

Kontant-kluise / Truck-kluis

hou geld veilig

CAT-kluis

Ook perfek vir ‘n klein onderneming wat geld veilig wil bêre. Kan tot R100 000 kontant hanteer.

Kenmerke:

  • 8-hefboom swaardiens slotstelsel met twee sleutels
  • Gewig: 260 kg

Vir meer inligting kontak vir Gawie du Toit by 082-665-5967 of 012-391-7380 of stuur ‘n e-pos na magnumsafeza@gmail.com of magnumsafesquotes@gmail.com, of besoek die webtuiste by https://www.magnumsafes.co.za/  of fabriek by Steenbokstraat 17, Koedoespoort-nywerheidsgebied, Pretoria.

Share the Post:

Search

Related