Helicon Wildlife Services het op Saterdag, 14 Junie, 2025, ’n wildveiling aangebied wat nie net gesogte wild aangebied het nie, maar ook ’n indrukwekkende aanlyn teenwoordigheid met meer as 2 600 kykers op SwiftVee behaal het en ’n totale omset van R3,97 miljoen.
Die diere aangebied op die veiling het nie net uitstekende verkope gelewer nie, maar ook Helicon se gevestigde posisie as een van die mees dinamiese en vooruitstrewende rolspelers in die wildbedryf bevestig. Bekend vir hulle fokus op genetiese verbetering, verantwoordelike wildbestuur en moderne bemarkingstrategieë, het Helicon weer eens bewys dat hulle méér as net ’n verskaffer is – hulle is ’n vennoot vir wildboere.
Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Bloemfontein en aanlyn deur SwiftVee.
Die uitslae van die dag was soos volg:




Een van die hoogtepunte van die dag was die aanbieding van verskeie familie-eenhede en wild van hoë gehalte, wat kopers van regoor Suid-Afrika gelok het.
Helicon se betrokkenheid strek egter veel verder as net diere-aanbieding. Hulle is aktief betrokke by spesiebewaring, veldbestuur en digitale transformasie in die wildbedryf.
SwiftVee se platform bied ook aan boere, telers en genootskappe ‘n wonderlike platform om veilings toeganklik, deursigtig en effektief aan te bied.



Digitale veldtogresultate sluit in:
- 2 626 aanlynkykers van die veiling
- 127 527 sosiale media-kyke
- 60 direkte klikke vanaf geteikende e-posveldtogte aan 4 498 gebruikers
- 74 organiese sosiale media-interaksies
Dagboek die datum vir die volgende veiling!
Helicon se volgende, komende wildveiling is geskeduleer vir 9 Augustus 2025, maak seker jy dagboek die datum. Vir enige navrae en meer inligting kontak Helicon Wildlife Services by 064-032-4839, besoek hulle webwerf by www.helicon.co.za of stuur info@helicon.co.za.
Vir enige navrae oor SwiftVee en hulle dienste besoek hulle webwerf by auctions.swiftvee.com.


