Middelplaas Gastekamp
LOCATION
Nylstroom
HUNTING STYLE
TERRAIN
MAX OCCUPANCY
16 PPL
ABOUT
Middelplaas Gastekamp
(Promosie - Boek in die hoofkamp en Jag Vlakvarke Gratis) Geldig vanag Junie tot Augustus 2025
Geen ander wild word gejag (slegs Duiwe, Tarrentale, Vlakvarke, Fisante)
Minimum aantal nagte per bespreking, is twee nagte.
Geleë op ñ werkende wild, saai en beesplaas.Slegs ±139 Km vanaf Pretoria, in die Limpopo provinsie.
Selfsorg akkommodasie, in die bosveld, waar wildsbokke vrylik rondbeweeg.
'n Heerlike boveldwegbreek met 'n tikkie luuksheid.
ACCOMMODATION
ROOM TYPES

Main Lodge
HOOFKAMP
R 4,500.00
Akkommodasie opsie 1:
HOOFKAMP, R4500.00 per nag
Die hoofkampie word as n eenheid bespreek & is ideaal vir groep besprekings.
Minimum aantal nagte per bespreking, is twee nagte.
Huisves in totaal sestien gaste, in vier aparte slaapkamers, elk met en-suite badkamer en lugversorging.
▪Pragtige uitsig oor watergat, waar Wildsbokke water drink.
▪Lapa & boma area
▪Gesamentlike kombuis, ten volle toegerus.
▪Koue swembad
▪Plaas "Hottub"
▪Grond dammetjie vir visvang (karp & kurper) en n roeibootjie.
▪Vol DSTV
▪Wi-Fi
▪Besproeiingsdam
▪Ons gaste is welkom om. 22's en haelgewere saam te bring vir duif en tarentaal-jag in die landerye(Kluis beskikbaar)
▪Eie fietse en motorfietse welkom.
▪Veerpyltjiebord
▪Komplimentêre koffie,tee,suiker,melk en tuisgebakte beskuit!!
GEEN TROETELDIERE TOELAATBAAR.
Die volgende word op die per seel verkoop:
HOUT:
Bakkie vrag - R1200.00
Halwe bakkie vrag - R 600.00
Sekelbos per sak - R 45.00
(Plaas asb alle bestellings minstens 2 x dae vooruit)

Tenthuis
TENTHUIS
R 1,000.00
Akkommodasie opsie 2:
R1000.00 per nag
Tenthuisie huisves twee gaste. Minimum aantal nagte per bespreking is twee nagte.
▪Dubbelbed.
▪Buitelig bad,stort & toilet.
▪Ten volle toegerus vir braaidoeleindes.
▪Yskas, vrieskas, mikrogolf, ketel, toaster, eetgerei en breekware.
▪Alle linne word voorsien.
▪Eie fietse en motorfietse welkom.
▪Visvang (kurper) catch & release
▪Swem in die besproeiingsdam!!
▪Duif en Tarentaaljag
(Plaas asb alle bestellings minstens 2 x dae vooruit)
FEATURES
Animals
HUNTING Pricelist
Terms & Conditions
Vlakvark permitte moet met Eienaar gereël word vooraf.
Kamers Sluit In:
➤Alle linne en handdoeke word voorsien. Laat weet ons asseblief per WhatsApp indien enige linne of handdoeke vervang moet word met skoon linne en/of vars handdoeke.
➤Gaste mag nie die handdoeke by die swembad gebruik nie.
➤Toiletpapier: Ekstra toiletpapier word in die kaste onder die wasbakke in die badkamers gehou. Laat weet asseblief vir Lorika op WhatsApp of een van die personeel indien dit op is.
➤Lugsproei en handseep: Laat weet ons asseblief per WhatsApp wanneer enige van hierdie hervul moet word.
Kamp Bestaan Uit en Pryse Sluit In:
➤Gemeenskaplike koue swembad, lapa en boma-area, ook nou 'n houtvuur-warmbad
➤Skoonmaakdiens is beskikbaar gedurende die week vanaf Maandag tot Vrydag, en op Saterdae (in die oggend vanaf 08:00 tot 10:00).
➤Indien ekstra skoonmaakdienste benodig word, moet dit vooraf gereël word voor aankoms. Tariewe is R200.00 per uur ná 10:00.
➤Gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is met stoof, yskas, vrieskas, broodrooster, mikrogolf, ketel, breekware en eetgerei.
➤Gaste is welkom om op die res van die plaas rond te ry of te stap.
➤Voël-, tarentaal- en fisantjag word toegelaat met vooraf reëling. Die kluis in kamer een is beskikbaar – reël asseblief met die eienaar vir die sleutel.
➤Geen jag van enige aard word toegelaat ná 18:00 nie.
➤Geen rondry op die plaas word toegelaat ná 18:00 nie.
➤Hengel van karp en kurper op 'n vang-en-vrylaat basis.
➤Gaste is welkom om hul eie fietse, kwads of tweewiel-fietse saam te bring, mits dit vooraf gereël is.
Customer Reviews
Views (666)
Booking Request
Check-In / Check-Out
Related


















































